Home > Terms > Afrikaans (AF) > portret

portret

'n Portret is 'n beeld van 'n spesifieke persoon. Portretkuns is 'n baie ou kunsvorm wat teruggaan na ten minste antieke Egipte, waar dit gefloreer het vanaf ongeveer 5,000 jaar gelede. Voor die uitvinding van fotografie was 'n geverfde, gebeeldhoude, of 'n getekende portret die enigste manier om die voorkoms van iemand aan te teken. Maar portrette was altyd meer as net 'n aantekening. Hulle is gebruik om die krag, belangrikheid, deugsaamheid, rykdom, smaak, bekendheid of ander eienskappe van die sitter te wys. Portrette was byna altyd vleiend, en skilders wat geweier het om te vlei, soos William Hogarth, was geneig om hulle werk as verwerp te vind. 'n Opvallende uitsondering was Francisco Goya in sy skynbaar prontuit eerlike portrette van die Spaanse koninklike familie. Kunstenaars se selfportrette is 'n interessante sub-groep van portretkuns en kan dikwels baie self-openbarend wees. Die van Rembrandt is besonders bekend. Tussen leidende moderne kunstenaars het portret skildery op kommissie, wat te bestel is, toenemend skaars geword. In plaas daarvan het kunstenaars hulle vriende en bemindes geverf in enige manier waarmee hulle tevrede was. Meeste van Picasso se werke van vrouens, byvoorbeeld, nietemin bisar kan geïdentifiseer word as portrette van sy bemindes. Terselfdertyd, het fotografie die belangrikste medium van tradisionele portretkuns geword, dit het veroorsaak dat dit wat voorheen 'n duur luukse produk was binne bereik van byna almal se beursies is. Sedert die 1990's het kunstenaars het ook video gebruik om lewende portrette te skep. Maar portret skilder gaan voort om te floreer. (Sien ook Gesprek Stuk; Miniature; Genres.)

0
Lisa minu sõnastikku

Mida öelda tahate?

Arutelude loomiseks tuleb sisse logida.

Terms in the News

Featured Terms

Gsilecchia
  • 0

    Terms

  • 0

    Sõnastikud

  • 0

    Followers

Valdkond/domeen: Biology Category: Human genome

eugenetika

Eugenetika of eugenetiek (Grieks ̉εύ + γίγνομαι, oftewel eu genos: "goed gebore"), ook na verwys as die eugenetiese beweging of ...

Kaastöötaja

Featured blossaries

The Asian Banker Awards Program

Kategooria: Business   1 5 Terms

Most Popular Cartoons

Kategooria: Entertainment   2 8 Terms